LEMOENE

  • Register

Nawel

Nawels is die lemoenvariëteit wat die vroegste ryp word en lewer groot saadlose vrugte, met 'n diep oranje kleur wat maklik skil. Die uitsonderlike interne gehalte van die Nawel uit die Gamtoosvallei, is kenmerkend.

Dit is ons vernaamste kultivar wat variëteite soos Palmer, Fisher, Fukumoto, Washington, Mclains, Newhalls, Lina’s en Lane Late insluit.

 

Laat Nawel

Hierdie lemoen word gepluk na die Nawel maar voor die Valencia tipes.  Die hoë suikergehalte van die Laat Nawel maak hom uiters gesog in die buiteland.

Die vernaamste variëteite sluit in die Witkrans, Cambria en die Dan Sweet (Carninka). 

Cara Cara Nawel

Die Cara Cara is 'n nawelkultivar wat van ander nawels verskil. Dit het sy gepigmenteerde (rooi) vleeskleur aand die teensoordigheid van lyco te danke, dieselfde pigment wat vir die vleeskleur van Star Ruby pomelo verantwoordelik is.

Witkrans Nawel

Hierdie lemoen, nou verwant aan die Cambria-nawel, is rond maar net so soet as die Cambria-nawel. Die Witkrans-nawel word tussen Nawels en Cambrias ge-oes.

Cambria (Laat nawel)

Hierdie vrug het 'n kenmerkende rond-ovaalvormige vorm en het sy oorsprong in die Cambria-gebied in die Gamtoosvallei. Die skil is oranje-gelerig en die algehele suikerinhoud is baie hoog. Cambrias is nie kwesbaar vir kraakskil soos die gewone Palmer-nawels nie. Hulle word net voor midknights ryp en kom gewoontlik laat op die oorsese mark aan, waar hulle uiters gesog is.

Valencia

Valencia-bome is sterk en regop. Die vrugte is rond-langwerpig in vorm, met 'n goed gekleurde, matige dun skil en met 'n gladde, dikwels fynklip-tekstuur. Valencia uit die Gamtoosvallei word deesdae deur Midknights vervang.


Midknight

Hierdie kultivar, van onbekende oorsprong, se potensiaal is eers in die 1970’s raakgesien. Sy verbeterde eienskappe sluit 'n buitengewoon hoë persentasie sap, beter smaak, bykans saadloosheid en 'n aansienlike groter vrug in. Midknights word twee tot vier weke voor die Valencia ryp, maar hou net so lank aan die boom. Midknights is ons tweede grootste kultivar.

Delta

Dit het 'n laer suikerinhoud en suurgehalte as die standaard Valencia, en word een tot drie weke vroeër ryp.

Nuusbrief - tipe van belang...

Teken in