Produksie

  • Register

Vars uit die boord vir jou!

Sodra die vrugte geoes is, word dit na ons twee pakhuise vervoer.

Beide van ons pakhuise het ultra-moderne gerekenariseerde stelsels wat die vrugte outomaties volgens deursnee, gewig, kleur, vorm en letsels sorteer.

Dit stel Patensie Sitrus in staat om ‘n hoë gehalteproduk te lewer. Die totale kapasiteit beloop 60 ton per uur, wat dit vir ons moontlik maak om vrugte teen optimale rypheid te pluk en te verpak.

Patensie Sitrus het ook moderne ontgroeningskamers met ‘n bergingskapasiteit van 1600 ton. Dit stel ons in staat om die bes moontlike kleurontwikkeling van vrugte in die vroeë seisoen te verseker.  ‘n Bykomende voordeel van hierdie kamers is dat hulle ook as koelkamers kan dien, wat ons in staat stel om die logistiek en verkoelingsketting doeltreffend te bestuur.

Benewens hierdie moderne geriewe, verseker Patensie Sitrus ook gehaltestandaarde in die pakhuise sowel as op die plase van al ons produsente. Dit word bewerkstellig deur jaarlikse akkreditasies en voordurende monitering.

HACCP, FIELD TO FORK en SMETA etiese oudit is van die verpligte akkreditasies waaroor die verpakkingsaanleg beskik. GlobalGAP akkreditasie op die produserende plase is verpligtend. Die implementering van hierdie standaarde verseker dat Patensie Sitrus een van die leiers in die sitrusbedryf bly. Die volledige naspeurbaarheid van die vrugte, van die opnemer terug tot by die boord, gee aan ons klante die algehele versekering dat die finale produk van die hoogste standaard is.

 

Ongeveer 1.8 miljoen kartonne word jaarliks vir uitvoer verpak.  Vrugte wat nie aan uitvoer standaarde voldoen nie, word versap of plaaslik bemark. 

 

Nuusbrief - tipe van belang...

Teken in