PAKSAAM KWEKERY

  • Register

Paksaam Inleiding

Paksaam Kwekery is een van 22 geakkrediteerde Kwekerye in die land en produseer sitrusboompies van hoogstaande gehalte. Sertifisering vind 2 keer per jaar plaas en moet aan GlobalGAP standaarde voldoen.  

Die oorgrootte meerderheid bome word produseer vir die Gamtoosvallei self, maar ons lewer ook boompies vir gebiede soos die Sondagsriviervallei.  

Die Kwekery produseer ongeveer 120 000 bome per jaar.  

 

Sitrusboompies wat Paksaam Produseer

Paksaam Kwekery maak die volgende bome:

 

Lemoene

  • Nawel tipes 
    • Vroeë Nawels (Washington, Palmer en Fischer)
    • Laat Nawels (Cambria, Carninka, Witkrans en Nuwelande)
  • Valencia tipes 
    • Midknights
    • Valencias 

Sagte Sitrus

  • Affourer (Af)
  • Mandaryne (B17 & B24)
  • Clementine
  • Nova
  • Satsuma
  • Minneola
Suurlemoene
  • Eureka Suurlemoen 
Pomelos
  • Star Ruby Pomelo
     

Paksaam het ook aansoek gedoen dat die Kwekery gekeur word om Tangelo bome te maak.

Nuusbrief - tipe van belang...

Teken in