NUUS

  • Register

Patensie Sitrus se groot mylpaal!!


Patensie Sitrus bestaan sedert 1928, oorspronklik ‘n Kooperasie gestig deur boere wat hul vrugte hier verpak vir die uitvoer-mark.

Ten einde nuwe varïeteite te toets vir geskiktheid in ons area, is ‘n kwekery en proefplaas begin, wat vandag nog bekend staan as Paksaam plaas & kwekery. Die kwekery is vandag steeds in produksie en kweek sitrus bome vir baie boere in die Oos Kaap. Die proefplaas het met die jare minder noodsaaklik geraak en daar is besluit om die plaas te omskep na ‘n produktiewe sitrus boerdery.

Die mees gesogte varïeteit om tans te plant, is die Clemgold/Nadorcott, wat slegs beskikbaar is onder beheerde toekennings. Patensie Sitrus het ongeveer 5 jaar gelede die geleentheid benut om aansoek te doen vir ‘n toekenning om die bome te kweek en te plant as ‘n BEE projek, wat aan ons personeel die geleentheid bied om in die toekoms te deel in die winste van die plaas.

Hierdie projek is die eerste van sy soort in die vallei, as ‘n vennootskap tussen die werkgewer en die werknemer.

Die aanplanting van die bome is pas voltooi en hoewel nog drie jaar gaan verloop voor die eerste uitvoer vrugte geoes gaan word, is dit ‘n groot mylpaal in Patensie Sitrus se geskiedenis en is die laaste paar bome Maandag deur die personeel en boere self geplant.

 

Automatisering van Bloudak Pakhuis

Na afloop van die 2012 sitrusseisoen is die hoë kostes en die produktiwiteit in oënskou geneem.  Veral die stygings van oorhoofse kostes en  die landswye loonverhogings  het automatisering genoodsaak.  Hoë produktiwiteit  is  ‘n strewe, want maksimum deursette per skof hou pakhuiskostes laag.

                                                      

Daar is toe besluit om 8  I.d.e.a. selfpakkers van uit Spanje te koop en dit is in April 2013 geinstalleer.  Een selfpakker kan  ±180 kartonne per uur pak, terwyl ‘n pakster dieselfde aantal kartonne per dag pak.  Die Reisopack “selfstrapper”, ook van Spanje, is aangekoop en “strap” ongeveer ‘n minuut aan ‘n palet.  Verder is die karton vervoerstelsel na die paletstasies ook opgegradeer met ‘n uitskop stelsel wat kartonne per telling na die paletstasies vervoer.  Die automatisering van die paletsatsies het tot gevolg dat palette baie minder hanteer word.

      

PSB is baie trots op die opgradering en verbeterings in die pakhuis sowel as die kwaliteit van MASGCOR se werk. 

Gemeenskap Projekte

Patensie Sitrus is betrokke by verskeie Gemeenskaps Projekte.

Vrugskenkings is gedoen aan verskeie Skole en Tehuise.

  

                   

           Amala Jeffreys Baai                                                     Andrieskraal Primêr

 

Lees verder: Gemeenskap Projekte

Ons trokke is mooigemaak

Ons het onlangs ons trokke n vars 'look' gegee met nuwe seile en pragtige 'stickers'. Dit is vir ons n groot eer om verby een van ons trokke te ry en is sommer baie trots op die resultaat.

Daar was baie aandag aan die kwaliteit gegee en mens kan dit sommer so in die verby ry opmerk. Ons wil sommer van hierdie geleentheid gebruik maak om vir almal wat by hierdie projek betrooke was te bedank vir al hulle harde werk.

Lees verder: Ons trokke is mooigemaak

Nuusbrief - tipe van belang...

Teken in