MEER OOR ONS

  • Register

Meer oor Ons

Suid-Afrika se Gamtoosvallei – tuiste van Patensie Sitrus – spog met die perfekte kombinasie van natuurlike eienskappe wat vir die produksie van uitsonderlike sitrus benodig word. Die vallei se ideale klimaat, vrugbare grond en natuurlike weerstand teen die soms ongenaakbare elemente van die natuur maak die verbouing van ñ waye verskeidenheid voortreflike sitruskiltivars moontlik. Die oorvloedige beskikbaarheid van water vanuit die Kouga-dam, en die verskeidenheid mikro-klimate teen die hange van hierdie vrugbare vallei laat ñ buitengewone lang pak- en bemarkingseisoen toe.

Patensie Sitrus se ryk natuurlike erfenis, streng bestuurstelsels en ferm gehaltstandaarde het dit moontlik gemaak om gewaardeerde klante volgens hul spesifieke spesifikaies te bedien. Neem nou al die bogenoemde, en voeg daarby die voorste toerusting en moderne geriewe, plus n aangebore passie om van ons planet se smaaklikste vrugte te verbou, en wat kry jy? Die beste gehalte sitrus natuurlik.

Van ñ klein begin in 1928, het Patensie Sitrus een van die grootste uitvoerders van sitrus in Suid Afrika geword. Patensie Sitrus speel sedert daardie vroeë jare ñ toonaangewende rol in die sitrusbedryf en streef daarna om hul visie te verwesenlik, naamlik om ñ wêreldleier in sitrusproduksie, verpakking en bemarking te word. Hierdie visie begin op soetsoolvlak in die kewkery, waar die jongste tegnologie gebruik word om gesertifiseerde bome vir ons produsente voort te bring. Tesame met ons kommersiële plaas, waar nuwe kulitavars geëvalueer word, fokus die kwekery op die lewering van bome wat onder die gunstige toestande van die Gamtoosvallei sal floreer.

Patensie Sitrus belê aktief in sy mense en is ook deeglik bewus van hul verantwoordelikhede teenoor hul werknemers en die breë gemeendskap. Dit kom na vore in hul professionele gesondheidsorgprogram en privaat kliniek vir werknemers, sowel as hul bemagtigingsinisiatiewe. Met meer as 80 jaar se ondervinding in die produksie van gehalte sitrus en baie natuurlike voordele, is Patensie Sitrus goed gevestig om in die toekoms aan die vereistes van hul gewaardeerde klante te voldoen.

 

Nuusbrief - tipe van belang...

Teken in