Bemarking

  • Register

 

Die Patensie Sitrus handelsmerk word onderskei deur die kenmerkende gehalte en smaak van die sitrus wat in die Gamtoosvallei verbou word. Die handelsmerk is goed gevestig as trots Suid-Afrikaans en is in beide plaaslike en oorsese markte beskikbaar.
 

Markpenetrasie is die hoeksteen van die sitrusbedryf – veral toegang tot die meer winsgewende markte oorsee. Patensie Sitrus se produkte word tans na die VK, Kanada, Rusland, Noord- en Suid-Europa, China, Suidoos-Asië, Verre Ooste en die Midde-Ooste uitgevoer.
 

Om toegang tot hierdie markte te verkry en te behou moet produksie en verpakking van vrugte aan die vereiste hoë standaarde voldoen. Ons glo dat persoonlike verhoudinge met invoerders en deeglike kennis van die mark se behoeftes en spesifikasies essensieel is.

 

Programme is in plek om beide die klein- en groothandelsektore te bedien.

 

Nuusbrief - tipe van belang...

Teken in